VIDEO: Vloot-soldate urineer glo op lyke van Taliban-lede
2012-01-12 09:51
Washington – Die Amerikaanse vloot ondersoek ‘n video wat op die internet gepubliseer is wat wys hoe vier lede van die vloot op die bebloede lyke van rebelle, moontlik Taliban-vegters, urineer, volgens mediaberigte.
Die video is 39 sekondes lank en het Woensdag op die internet gesirkuleer. In die video lag die mans terwyl hulle op die lyke urineer.
Volgens die Washington Post was die lyke in Afgaanse klerestyl aangetrek.
Die Amerikaanse vloot het in ‘n verklaring gesê hulle is bewus van die video “wat lede van die vloot uitbeeld waar hulle urineer op wat lyk soos afgestorwe lede van die Taliban.”
“Ons kon nog nie beslis waar die video vandaan kom en of dit waar is nie, maar die aksies wat daarin uitgebeeld word, stem nie ooreen met ons waardes nie en dui nie op die karakter van ‘n lid van ons vloot nie.”
Waarskuwing: Die video bevat ontstellende beeldmateriaal.

– Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa-DPA