VIDEO: Politici slaan mekaar dat die bloed loop
2010-12-17 16:00
Kiev - Oekraïne se opposisiepartye het Vrydag aangedring op 'n ondersoek deur die polisie nadat talle van hul politici in 'n bakleiery betrokke was.
Stoele en vuiste het Donderdagaand gevlieg toe lede van Yulia Tymoshenko se BYut-Batkivschyna-party en dié van die ander opposisie (die Regions-party), onder leiding van Wiktor Yanukovych bygedam het.
Een politikus was na die voorval met 'n draagbaar uit die parlement gedra, terwyl minstens twee ander mediese behandeling moes ontvang.
Die bakleiery het uitgebreek nadat dit aan die lig gekom het dat Tymoshenko vervolg gaan word nadat daar kriminele klagtes teen hom gelê is.