VIDEO: Beeldmateriaal van Osama bin laden
2011-05-09 08:42
Leopold Scholtz; Sapa-AFP; Reuters
Kaapstad - Die eerste beelde van Osama bin Laden se lewe agter die mure van sy skuilplek in Pakistan is die naweek uitgereik.
In dié video, wat saam met ’n magdom terreurinligting in die huis gevind is, sit Bin Laden met 'n TV-afstandbeheerder in die hand en kyk na tonele van homself op die Arabiese TV-kanaal Al Jazeera.
Hy sit in ’n klein vertrekkie met ’n kombers om sy skouers en ’n mussie op die kop en kyk na ’n greep van waar hy voor die brandende torings van die World Trade Center in New York geprojekteer word as die baasbrein agter dié ergste terroristedade wat die wêreld nog gesien het.