Unicef waarsku oor hongersnood in Noord-Korea
2011-11-01 20:01
Seoul – Die Verenigde Nasies se Kinderfonds sê
derduisende kinders in Noord-Korea gaan weens ‘n gebrek aan
fondse aan wanvoeding ly.
Volgens Unicef het hulle $20.4 miljoen (sowat R160 miljoen) nodig
om die nodige hulp te verleen aan kinders in dié land wat die ergste deur armoede geraak word.
Hulle het tot dusver nog net $4.6 miljoen (R36 miljoen)
ontvang.
Volgens Christopher Tidey, ‘n woordvoerder vir
die agentskap, is daar meer as 88 000 kinders onder die ouderdom van
vyf jaar wat dringend hulp nodig het.
Indien hulle nié die nodige hulp kry
nie, sal hul fisieke gesondheid, indien hulle oorleef, permanente skade
lei.
Die Verenigde Nasies het ‘n beroep op lande
gedoen om nié hulpleniging aan die vordering in gesprekke
rondom Noord-Korea se kernprogram te koppel nie.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AP