Twintig pelgrims sterf in selfmoordbomaanval
2010-02-04 01:19
Bagdad - Twintig Sjïït-Moslems is dood en 117 is beseer na ‘n selfmoorbomaanvaller homself in ‘n minibus-taxi tussen pelgrims onderweg na Kerbala, opgeblaas het, berig Sky News.
Die minibus-taxi was gelaai met plofstof en het tussen duisende pelgrims wat te voet onderweg is na Kerbala, ingery.
Die Sjïït pelgrims stap elke jaar na Kerbala om die Arbaeen rituele te volg.
Vroeër die week het ‘n vroulike selfmoordbomaanvaller haarself in Bagdad opgeblaas en 41 pelgrims se lewens geëis.
Nouri al Malike, eerste minister van Irak, het die bomaanvalle op oorblyfsels van Saddam Hussein se Ba’ath party geblameer.
Kliek hier vir die volledige storie.