Twintig dood in bloedbad
2010-01-18 04:44
Nairobi – Twintig mense is dood nadat 'n groep Christene Sondag in die Nigeriese stad Jos deur Moslems aangeval is, het ‘n koerantberig gelees.
Die koerant The Punch het aanlyn berig dat die plaaslike regering ‘n aandklokreël ingestel het, om sodoende verdere geweld te verhoed.
Die redes vir die geweld is nog nie duidelik nie, maar verskeie waarskuwings van moontlike voortgesette geweld is reeds uitgestuur.
Christene en Moslems maak sowat die helfte van die bevolking van Jos uit.
Alhoewel beide groepe gewoonlik vreedsaam saam woon, was daar al bloedige konflik in die verlede tussen hulle as gevolg van politieke en ekonomiese redes.
Honderde mense het al in die verlede in sulke konflikte gesterf.
- Sapa-dpa