Tweeling skenk saam geboorte
2011-03-10 22:00
Indianapolis – Tweeling susters het slegs twee ure uitmekaar
in dieselfde hospitaal in Indianapolis geboorte geskenk.
Die 22-jarige Charron en Chardee Hampton het beide babadogtertjies die wêreld in verwelkom.
Blykbaar was Charron op pad na die hospitaal vir ‘n
induksie toe haar suster in kraam gegaan en na dieselfde hospitaal gehaas is.
Albei babas is met hul gesiggies na bo gedraai
gebore, ‘n ongewone posisie vir ‘n baba om te lê.
Die susters is ook albei verloof en oorweeg
dit nou om op dieselfde dag te trou.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA