Twee wat jihad op i-net ondersteun vas
2011-07-01 17:18
Madrid – Die Spaanse polisie het twee mans in hegtenis
geneem op aanklagte dat hulle pro-jihad terrorisme geprys en publieke
dreigemente op die internet gemaak het.
Die mans, ‘n Algeriër en ‘n Spanjaard, is in Seville in hegtenis geneem.
Die Algeriese man was in die verlede 'n imam gewees.
Beide mans is op borgtog vrygelaat, maar sal later wel in die hof moet verskyn.
Die Spaanse departement van binnelandse sake
het gesê dat hulle die mans reeds van September af dophou.
Hulle word daarvan verdink dat hulle die her-verowering
van Spaanse grondgebied deur Islamitiese magte bevorder.
Dié grondgebied was in die 12de eeu onder Islamitiese beheer.
Die mans is ook blykbaar voorstanders van die
marteling en doodmaak van gays en Jode.
Hulle glo ook dat vroue nie gelyke regte met mans mag geniet nie.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AP