Twee sterf ná helikopter val
2010-07-30 22:55
Athene – Twee Griekse weermagvlieëniers is op slag dood toe hul aanvalshelikopter naby Athene neergestort het, het die ministerie van verdediging Vrydag gesê.
“Ek spreek my diep hartseer uit oor die tragiese dood van twee lede van die weermag se lugkorps,” het Evangelos Venizelos, minister van verdediging, gesê.
Venizelos het belowe dat ‘n ondersoek na die ongeluk gelas sal word.
Die helikopter het kort voor 09:00 by die Megara-militêre lughawe neergestort.
Volg Nuus24 op Twitter
- Sapa - AFP