Twee oumas trou in New York

2011-07-25 09:00
Tweets Share Share line Print

Niagara Falls – Twee vroue, albei oumas, het Sondag die Amerikaanse deelstaat New York se eerste wettig getroude paartjie van dieselfde geslag geword.

New York is die sesde Amerikaanse deelstaat om gay-huwelike te wettig.

Kitty Lambert (54) en Cheryle Rudd(53) is kort ná middernag op die Luna-eiland in die Niagara Falls Nasionale Park getroud.

Die vroue, met vyf volwasse kinders uit vorige huwelike, is omring deur vriende, familie, ondersteuners en selfs ’n groep toeriste.

Hulle is reeds langer as ’n dekade ’n paartjie.

Die burgerlike seremonie is voorafgegaan deur ’n Joodse, Baptiste- en episkopale diens kort voor middernag en is behartig deur die burgemeester van Niagara Falls, Paul Dyster.

Ná die seremonie het die vroue op die verhoog op maat van Lady Gaga se The Edge of Glory gedans.

Toeriste wat toevallig in die omgewing van die troue was, was ingenome met die nuus.

“Dis nogal cool,” het die Australiër Andrew Holder opgemerk. “Jy kom om die waterval te sien en dan sien jy geskiedenis.”

’n Regter het ingestem om die gebruiklike wagperiode van 24uur vir die vroue se huwelikslisensie op te hef sodat hul huwelik amptelik kon wees die oomblik toe hulle mekaar die ja-woord gee en die deelstaat se wet van krag word.

Meer as 40 ander gay paartjies gaan vandag die knoop hier deurhak. Die verwagte toename in gay-huwelikseremonies reg oor New York laat huweliksburo’s skarrel vir personeel om die seremonies te behartig en regters om dit te bekragtig.

Dyster skat die wettiging van gay-huwelike kan die deelstaat se sukkelende ekonomie oor die volgende drie jaar ’n inspuiting van $400 miljoen (sowat R2,7 miljard) gee.

Burgerregte-aktiviste meen New York se wettiging van gay-huwelike is ’n boodskap aan die Amerikaanse kongres om die wet wat die huwelik omskryf, aan te pas om getroude gay-paartjies in te sluit by federale voordele. – Reuters

Volg Nuus24 op Twitter.

- Die Burger

Lewer kommentaar op hierdie artikel
3 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Gramsci sê... Die Knechtschaft dauert nur noch kurze Zeit! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Mostly sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 12-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 77,995.00

OPEL

Corsa 1.8 Sport Utility
2007
R 120,000.00

AUDI

A4 Avant 1.9TDi Dsl 6-sp
2004
R 159,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.