Twee ontploffings ruk Irak se grootste olieveld
2011-10-08 14:47
Bagdad – Twee bomme het by twee aparte olie-pyplyne in die suide van Irak by die land se grootste olieveld ontplof, wat gelei het tot ‘n tydelike afname in produksie, het ‘n amptenaar van Irak gesê.
Volgens die adjunk-hoof van die Basra-provinsiale-raad, Ahmed al-Sulaiti, het die ontploffings laat Vrydag by die Rumaila-veld plaasgevind. Dit het ‘n brand veroorsaak wat ‘n paar ure later deur brandbestryders geblus is.
Sulke tipe geweld is nie algemeen in die suide van Irak nie.
Internasionale oliemaatskappye kom al hoe meer hierheen om te help om Irak se groot oliereserwes te ontwikkel.
Die direkteur van die South Oil Co., Dhia Jaafar, sê die ontploffings het beamptes gedwing om produksie te halveer, maar dit sal weer in twee dae na normale vlakke terugkeer.
Rumaila word duer Brittanje se BP en China se CNPC ontwikkel.
– Volg Nuus24 op Twitter
- Sapa - AP