Twee klein aardbewings tref Griekeland
2011-08-07 20:57
Griekeland – Twee klein aardbewings
het Griekeland Sondag getref. Niemand is tydens die aardbewings beseer en
geen skade is aangerig nie, het owerhede gesê.
Die aardbewing het 4.7 gemeet en het
omstreeks 05:35 sowat 2 km buite Nafpaktos, noordwes van Athene gebeur.
Volgens die plaaslike polisie was
daar geen onmiddellike tekens van skade nie.
Seismoloë het vroeër Sondag ook ‘n
aardbewing van 4.1 in Halkidiki, noordoos van Griekeland geregistreer.
– Volg Nuus24 op
Twitter.
- SAPA