Twee kinders ontvoer
2011-06-21 21:15
Oslo – Twee mans, gewapen met skokgewere en traangas,
het twee jong Irannese meisies, wat onder staatsbeskerming in Noorwee was, ontvoer.
Die ontvoering het by ‘n
gemeenskapskantoor in Oslo gebeur waar die
meisies, die een drie en die ander een jaar oud, hul ma besoek het.
Hul ma het nie meer voogdyskap van die kinders
nie en die ontmoeting het onder die toesig van sosiale dienste plaasgevind.
‘n Welsynswerker en ‘n tolk, wat nie tydens
die voorval seergekry het nie, was saam met die ma en haar twee kinders gewees.
Volgens die polisie het die twee gemaskerde
mans die kinders gegryp en gedreig om die volwassenes met die skokgewere by te
kom en die traangas vry te stel.
Die polisie het ses ure later twee mans, wat
volgens die getuies se beskrywing soos die ontvoerders gelyk het én in
dieselfde kar gery het, in hegtenis geneem.
Die kinders was egter nié by hulle nie.
Volg Nuus24 op Twitter.