Twee gewond in aanval op konsulaat-motor
2010-10-28 15:05
Karachi – Twee Pakistanse werknemers van Japan se konsulaat is Donderdag gewond toe gewapende mans op hul diplomatieke motor losgebrand het.
Volgens die polisie en 'n beampte van die konsulaat was dit 'n gepoogde rooftog.
Die mans wat gewond is, is 'n sekerheidswag en 'n administratiewe beampte.
Toshikazu Isomura, senior Japannese diplomaat, het gesê die mans wat gewond is, is plaaslike werknemers en dat daar nie 'n Japannese diplomaat in die motor was nie.
"Dit lyk soos 'n gepoogde rooftog."
Fayyaz Leghari, die stad se polisiehoof, het gesê die ongeïdentifiseerde gewapende mans het losgebrand op die werknemers van die konsulaat nadat hulle buite 'n restaurant stilgehou het.
Die aanvallers het op 'n motorfiets gevlug en die gewonde mans is na 'n plaaslike hospitaal geneem.
Volg Nuus24 op
Twitter
- SAPA