Twee dwelmhandelaars gehang
2010-03-08 10:50
Tehran – Iran het twee beskuldigde dwelmhandelaars gedurende die afgelope week in Khorramabad gehang, het die amptelike nuusagentskap, IRNA Maandag berig.
Die verslag het die oortreders slegs as Gh. B. en H. R geïdentifiseer.
Daar is reeds 27 mense gedurende dié jaar in Iran gehang, het AFP berig.
Sowat 270 mense is verlede jaar in die Islamse republiek gehang.
Tehran het gesê die doodstraf is daar 'om sekuriteit te behou'.
Dié vonnis geskiet ook net nadat al die regsprosesse afgehandel is.
Moord, verkragting, gewapende rooftogte, dwelmhandel en egbreuk is al die misdade wat met die dood strafbaar is.
- Sapa-AFP