Twee dood in Serwiese aardbewing
2010-11-03 11:14
Belgrado - Twee mense is Woensdag dood en ongeveer 50 mense is beseer toe ‘n aardbewing die suide van Serwië geruk het, het dié land se regering gesê.
Die aardbewing het 5,3 op die Richterskaal gemeet, het die Amerikaanse Geologiese Opname gesê.
Die episentrum was ongeveer 2 km noord van die dorp Kraljevo en ongeveer 125 km suid van Belgrado.
Die minister van binnelandse sake, Ivica Dacic, het gesê die beseerdes word in die hospitaal in Kraljevo behandel. Hy het gesê die aardbewing het beperkte skade aangerig.
Mense het in verskeie stede paniekerig die strate ingevaar. Verskeie naskokke het op die aardbewing gevolg.
- Volg Nuus24 op Twitter
- Sapa-DPA