Twee aanvalle op Berlynse spoorweë
2011-10-10 23:03
Berlyn – ‘n Aanval by Berlyn se hoof treinstasie is
gefnuik toe werkers ‘n ploftoestel ontdek voordat dit kon ontplof.
Vroeër het ‘n soortgelyke toestel naby ‘n
hoëspoed-trein wes van Berlyn afgegaan.
Geen beserings is opgedoen nie, maar
treinverkeer in die area het vir ‘n ruk tot stilstand gekom.
‘n Onbekende linksgesinde groep het
verantwoordelikheid vir die ontploffing aanvaar.
Die aanval was in protes teen Duitsland se
betrokkenheid in Afganistan.
Die polisie ondersoek tans die
geloofwaardigheid van die groep se boodskap sowel as die moontlikheid dat die
groep verantwoordelik is vir die tweede, onsuksesvolle aanval.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AP