Twee aangekeer vir dieremishandeling-videos

2011-08-04 20:10
Tweets Share Share line Print

Manila – Die Filippynse polisie het ‘n paartjie in hegtenis geneem wat talle videos van tienermeisies wat diere martel op die Internet gepubliseer het.

Vicente Ridon en sy vrou Dorma Ridon sal in San Fernando verhoor word nadat hulle by ‘n gehuurde huis in ‘n afgeleë plattelandse dorpie vasgestrek is, het senior inspekteur Martin Ngadao, die plaaslike polisiehoof, gesê.

“Ons het hulle twee dae gelede gevang, maar hulle is reeds op borgtog vrygelaat,” het Ngadao gesê.

Die saak het ontstaan na ‘n jare lange ondersoek deur die diereregte-organisasie, Peta, na die verkoop van sogenaamde “crush”-videos in Internet-kletskamers.

Nadat Peta die misdade by owerhede aangemeld het, het die polisie die Ridon-paartjie van wreedheid teenoor diere, kindermishandeling en mensehandel aangekla.

Die paartjie het egter gevlug voor die polisie hulle kon aankeer.

Peta het toe ‘n beloning van sowat R16 000 aangebied vir inligting wat tot die twee se in hegtenisneming sou lei.

“Die ‘crush’-videos beeld uitermatige wreedheid teenoor diere uit, insluitende ‘n konyn waarvan die vel van sy lyf af gesny word terwyl hy nog lewe. Die konyne skarrel en skree terwyl hul ore afgesny word en hulle aan die brand gesteek word,” het ‘n Peta-verklaring gelui.

Hoewel dit die eerste “crush”-videos is wat in die Filippyne gevind is, was daar die afgelope paar jaar verskeie polisie-klopjagte op operasies waarin vroue en meisies seksdade voor die kamera pleeg vir oorsese Internet-kliënte.

– Volg Nuus24 op Twitter.

- AFP

Lees meer oor: filippyne  |  dieremishandeling

Lewer kommentaar op hierdie artikel
9 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Gramsci sê... Die Knechtschaft dauert nur noch kurze Zeit! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Mostly sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 12-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

C# Developer

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R180000 - R300000

Business Analyst

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R30000 - R40000

SAP Analyst – Automotive Industry

South Africa. Port Elizabeth
Hire Resolve
R300000 - R420000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 77,995.00

OPEL

Corsa 1.8 Sport Utility
2007
R 120,000.00

AUDI

A4 Avant 1.9TDi Dsl 6-sp
2004
R 159,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.