Dertien dood in skool-skietery
2011-04-07 16:35
Rio de Janeiro - ‘n Man, wat vermoedelik ‘n oudstudent is, het Donderdag losgebrand in ‘n skool in Rio de Janeiro en minstens 13 mense dood en 22 beseer gelaat voordat hy homself doodgeskiet het, het die owerhede gesê.”
“Die inligting wat ons het, is dat 13 mense dood en sowat 20 beseer is. Van die beseerdes het skietwonde aan die kop,” het kol. Evandro Bezerra, ‘n woordvoerder van die brandweer, aan TV Globo News gesê.
Hy het gesê die skieter was die 24-jarige Wellington Menezes de Oliveira, vermoedelik ‘n oudstudent van die skool. Volgens die polisie het hy ‘n brief agtergelaat, waarin hy aandui hy wou selfmoord gepleeg.
Luidens berigte het hy die skool binnegegaan met ‘n rugsak op sy rug en gesê hy is na ‘n konferensie op pad voordat hy in ‘n klas begin skiet het.
Die slagoffers sluit studente en personeellede by die openbare skool in.
- Volg Nuus24 op Twitter