Turkye: Tiener ná 4 dae uit puin gered
2011-10-27 13:30
Ercis, Turkye – Reddingswerkers het ‘n 19-jarige lewend onder die puin van ‘n gebou gered, vier dae nadat ‘n kragtige aardbewing die ooste van Turkye geruk het.
Televisie-beeldmateriaal het Donderdag gewys hoe reddingswerkers die tiener, wat moeg en uitgeput gelyk het, red.
Hy was die eerste persoon wat lewendig onder die puin gevind is sedert reddingswerkers Woensdag 'n student en twee onderwysers gered het.
Reën en sneeu maak dit ook moeilik vir die duisende mense wat se huise in die aardbewing verwoes is.
Die dodetal het tot bo 500 gestyg en meer as 2 200 geboue is vernietig.
Turkse amptenare sal Donderdag nog tente aflewer.
– Volg Nuus24 op Twitter
- Sapa - AP