Turkye: 1 dood, 27 beseer in ontploffing
2012-01-20 12:30
Ankara – Een persoon is Donderdag dood en 27, insluitend sewe polisiebeamptes, beseer in ‘n ontploffing wat glo ‘n polisievoertuig in Turkye geteiken het, het ‘n beampte gesê.
Die polisie het ná die ontploffing traangas gebruik om van die ontstoke skare, wat op die toneel in die Hakkari-stad opgedaag het, uiteen te jaag, het die private nuusagentskap Dogan berig.
Niemand het dadelik verantwoordelikheid vir die ontploffing aanvaar nie, maar Koerdiese rebelle wat om selfregering in die gebied veg, het in die verlede bomme langs paaie gebruik om weermag- en polisievoertuie aan te val.
Muammer Turker, die goewerneur, het gesê die ontploffing het op ‘n baie besige straat plaasgevind toe die polisievoertuig verby ry.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AP