Tunisië verban Siriese ambassadeur
2012-02-04 18:04
Tunis, Tunisië – Tunisië gaan sy Siriese ambassadeur uit die land skop, nadat meer as 200 burgerlikes in die jongste geweld in die stad Homs gesterf het, het die presidentskap Saterdag aangekondig.
Die Tunisiese regering het gesê hy gaan ook begin weier om die Damaskus-bewind as Sirië se regering te erken.
"Tunisië het begin met formele stappe om die Siriese ambassadeur uit die land te sit en 'n einde te bring aan enige erkenning van die regering wat tans in Sirië aan bewind is," het die president se kantoor in 'n verklaring gesê.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AFP