Tsoenami-waarskuwing by Papua-Nieu-Guinea
2011-05-15 22:43
Sydney - ‘n Sterk aardbewing van 6.5 op die Richterskaal het onder die see naby Papua-Nieu-Guinea getref, het die Amerikaanse Geologiese Opname (USGS) gesê.
‘n Plaaslike tsoenami-waarskuwing is as gevolg van die aardbewing uitgereik.
Daar was geen onmiddellike verslae van sterftes of skade weens die aardbewing, wat op ‘n diepte van 43 kilometer sowat 120 wes van die eiland Bougainville in Papua-Nieu-Guinea getref het, nie.
“Aardbewings van hierdie grootte genereer soms plaaslike tsoenami’s wat verwoestend kan wees aan die kus van lande binne sowat 100 km van die episentrum,” het die Pasifiese Tsoenami-waarskuwingsentrum, wat in Hawaii geleë is, gesê.
Daar was geen risiko van wye verwoesting deur ‘n tsoenami nie.
‘n Reuse-tsoenami het in 1997 tot 3 500 mense naby Aitapi, aan die noordwestelike kus van Papua-Nieu-Guinea, gelei.
- Volg Nuus24 op Twitter
- Sapa - AFP