Tsoenami eis 23 in Indonesië
2010-10-26 13:00
Djakarta, Indonesië - Rampbeamptes sê die dodetal van 'n tsoenami in die westelike Indonesië het tot 23 gestyg en talle dorpenaars is vermis.
'n 3m hoë brander is veroorsaak deur 'n 7.7-grootte aardbewing wat Maandagaand 20km onder die seebodem plaasgevind het.
Honderde huise in die twee kusdorpe van Pagai en Silabu is verwoes.
Ade Edward, 'n rampbestuurbeampte, het gesê die lyke van 23 mense is gevind en 167 mense is vermis.
Volg Nuus24 op Twitter
- AP