Tsoenami eis 154 in Indonesië
2010-10-27 13:37
Jakarta – Minstens 154 mense is dood en nog 400 is vermis ná ‘n kragtige aardbewing ‘n tsoenami in die weste van Indonesië veroorsaak het, het ‘n amptenaar Woensdag gesê.
Die aardbewing het Woensdag die kus van Sumatra geruk en ‘n drie meter hoë golf in ‘n reeks afgeleë eilande ingestoot waar verskeie dorpies vernietig is.
“Minstens 154 mense is dood en 400 is steeds vermis,” het Wes-Sumatra se hoof van die provinsiale rampbestuur, Harmensyah, gesê.
“Hulle het hul huise verloor en kort nou baie hulp en bystand. Daar is ‘n paar tente wat reeds gekom het, maar ons kort nog baie,” het hy gesê.
Volg Nuus24 op Twitter
- Sapa - AFP