Tsjeggiese ma vermoor haar vier kinders
2011-09-02 20:58
Praag – Die Tsjeggiese polisie het op vier vermoorde
kinders in ‘n huis in Siroky Dul, ‘n dorp sowat 150 km oos van Praag, afgekom.
Twee seuns en twee meisies, wat twee maande,
sewe-, agt- en 10-jaar oud was, is dood aangetref saam met hul ma wat probeer
selfmoord pleeg het.
Die kinders is verwurg en doodgesteek.
“’n Ondersoek is geloods, maar tot dusver het
ons geen verdere inligting nie,” het ‘n woordvoerder vir die polisie, Eva
Maturova, gesê.
“Ek kan wel bevestig dat vier mense dood
aangetref is en ‘n vyfde persoon tans mediese behandeling ontvang,” het sy
bygevoeg.
Volgens die DNES-koerant, het die ma haarself
probeer ophang en het haar lewensmaat die misdaad aan die polisie geraporteer.
In Tsjeggïe se tweede grootste koerant, die
Pravo, is berig dat die vrou aan nageboorte-depressie gelei het ná die geboorte
van haar vierde kind.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AFP