Tropiese storm vorm in Golf van Mexiko
2010-09-06 22:42
Washington - Die tropiese storm Hermine het in die Golf van Mexiko gevorm en waarskuwings is in Tampico, Mexiko, die mond van die Rio Grande-rivier en Baffin Bay, Texas, uitgereik, het die orkaansentrum in Miami Maandag gesê.
Tropiese stormtoestande word in sowat 24 uur in die gebiede verwag waar die waarskuwing uitgereik is.
Hermine is die agtste tropiese storm van die seisoen.
- Reuters