Tronkstraf vir twee wat baba wou verkoop
2011-06-22 14:18
Hanoi – Twee mense is in ‘n hof in Hanoi tot vier en vyf jaar tronkstraf onderskeidelik gevonnis nadat hulle beplan het om ‘n pasgebore baba in Hanoi te verkoop, het ‘n amptenaar van die hof Woensdag gesê.
Nguyen Van Hai, 42, en sy skoonsuster Ngo Thi Sang, 37, is vir kinderhandel gevonnis, het die hofsekretaris, Tran Cong Hach, gesê.
Die twee is in Januarie 2010 in hegtenis geneem toe hulle deur die polisie gevang is waar hulle ‘n 10 maande oue baba by ‘n busstasie in Hanoi gesteel het. Hulle kon nie die kind se identiteit bekendmaak nie.
Hai het erken dat hy die kind vir 40 miljoen dong (sowat R13 500) by ‘n vroulike kennis gekoop het, waarna hy vir Sang gevra het om die baba na Hanoi te bring waar hulle die kind aan ‘n paartjie wat nie kon kinders kry nie wou verkoop.
Volg Nuus24 op Twitter
- Sapa-DPA