Tronkstraf vir tiener-bommer
2009-08-06 11:13
Baghdad- ‘n Tienermeisie van Irak is tot sewe en ‘n half jaar tronkstraf gevonnis nadat sy haarself probeer opblaas het by ‘n deursoekpunt in Noordoos-Irak.
Die meisie het beweer dat vroulike-familielede die bom aan haar vasgemaak het.
Hierdie vonnis kom na ‘n toename in vroulike selfmoordbommers in Irak . Amerika tesame met Irak sal nou meer vroulike polisielede oplei sodat hulle vroue meer deeglik kan deursoek.
“Rania Ibrahim is Sondag in die kinderhof gevonnis nadat haar selfmoordpoging in Augustus verlede jaar misluk het.,” het regter Zaid Khalaf gesê.
Volgens die polisie is sowat 15kg se plofstof aan die meisie gevind. Sy was glo ook bedwelm.
–Sapa, AP