Tronk toe ná kleuter rook

2009-10-16 09:10
Tweets Share Share line Print

Londen – ‘n Britse man is ‘n vonnis van 18 maande tronkstraf opgelê nadat hy ‘n driejarige dogtertjie ‘n sigaret laat rook het.

Graeme Conroy (31) het ‘n sigaret wat reeds aangesteek was vir die driejarige gegee en haar aangemoedig om daaraan te teug, het die hooggeregshof in New Castle gehoor.

Die kleuter se naam mag weens haar ouderdom nie bekend gemaak word nie.

Conroy het ‘n 14-jarige tiener oorreed om die voorval met ‘n selfoon af te neem.

Die tiener kan gehoor word waar sy lag terwyl die kleuter liggies aan die sigaret teug. Iemand anders het glo in ongeloof gesê  “sy sal die hele sigaret op haar eie rook”.

Conroy is kort daarna in hegtenis geneem nadat ‘n 16-jarige ooggetuie die voorval by die polisie aangemeld het.

"Die dogtertjie het glo vir nóg ‘n sigaret gevra en begin huil toe sy een geweier is. Hy het wel ingegee en haar nóg een gegee. Dit lyk of sy al voorheen gerook het," het dié ooggetuie gesê.

Tony Glover, aanklaer, het gesê die kleuter het altesaam vyf sigarette gerook.

Conroy het skuld beken op aanklagte van swak versorging van 'n minderjarige, verwaarlosing, en dat hy die kind aan gesondheidsrisiko's blootgestel het, het Press Association berig.

"Jy het gedink dit sal snaaks wees as die kind toegelaat word om sigarette te rook en dan het jy ook die vermetelheid om dit af te neem,” het Regter David Wood aan die beskuldigde gesê.

"Ek hoop jy besef dat dit geheel en al nie snaaks was nie.”

- Reuters


 

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: hofsake  |  kan jy glo

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Gramsci sê... Die Knechtschaft dauert nur noch kurze Zeit! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Mostly sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 12-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 77,995.00

OPEL

Corsa 1.8 Sport Utility
2007
R 120,000.00

AUDI

A4 Avant 1.9TDi Dsl 6-sp
2004
R 159,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.