Tronk ‘te erg’ vir transseksuele oortreder
2010-07-15 10:22
Kaapstad – ‘n Transseksuele persoon wat kinderpornografie van die internet afgelaai het, sal nie tronkstraf as vonnis uitdien nie aangesien dit, volgens ‘n regter, te erg vir haar sal wees.
Laura Voyce (20), wat as ‘n man gebore is, is aanvanklik tot nege maande tronkstraf in ‘n tronk vir mans gevonnis.
Sy is skuldig bevind op veertien aanklagte nadat sy onsedelike beelde van kinders op haar rekenaar afgelaai het.
Regter Lesley Newton van die Manchester Crown-hof het, ten spyte van Voyce se oortredings, toegelaat dat Voyce vrygelaat word.
Voyce, wat besig is om ‘n geslagsverandering te kry, word biologies as ‘n man beskou, maar volgens wet as ‘n vrou gesien.
Sy moet 100 uur se onbetaalde werk doen.
Kliek hier vir die volledige berig.
Volg Nuus24 op Twitter.