Trok vol kaas slaan aan die brand
2011-06-03 18:57
Londen – ‘n Trok gelaai met 24 ton kaas, het
langs die pad in vlamme opgegaan terwyl die bestuurder ‘n motorwerktuigkundige
gaan soek het.
Die trok was langs die pad geparkeer in ‘n
landelike plaasomgewing van Somerset, in die suidweste van Engeland.
Die bestuurder het die trok net so gelos en
hulp gaan soek.
Die Devon en Somerset brandweerdepartement sê ‘n
vuur het in die enjin ontstaan en vinnig na die vrag kaas versprei.
Niemand is tydens die voorval beseer nie.
Volg Nuus24 op Twitter.
- AP