Troeteldiere stroom kerk toe
2011-01-17 23:00
Madrid - Honde, katte, hamsters en selfs varke het Maandag na kerke oor Spanje heen gestroom, op soek na die seën van St. Anthony, die beskermheilige van diere.
“Here, seën hierdie dier sodat Saint Antonia dit mag beskerm van alle siektes,” het Juan Villa, priester by die kerk van San Anton in Madrid, gesê terwyl hy heilige water oor troedeldiere, wat deur hul eienaars ingebring is, gesprinkel het.
Ná die seëning het die diere die “stap van die gesant” voltooi – ‘n prosessie deur verskeie strate in Madrid.
Die fees word sedert die 19de eeu in Madrid gevier. Dit word ook in ander dele van Spanje gevier.
- Volg Nuus24 op Twitter
- Sapa - AFP