Troepe herdenk 9/11 met wedloop
2009-09-11 11:27
Afganistan - Ongeveer 'n duisend Amerikaanse troepe in Afganistan het vandag aan 'n wedloop deelgeneem om die aanvalle op 11 September 2001 te herdenk.
Die troepe baklei in ‘n oorlog wat spruit uit dié aanval, ‘n oorlog wat vinnig die publiek se ondersteuning verloor.
Omtrent 1 000 soldate het deelgeneem aan die wedloop van 911 km.
Die wedloop is ter herdenking van die aanval, sowel as al die soldate wat sedertdien in Afganistan dood is, op die been gebring.
Amerika en sy bondgenote het Afganistan in Oktober 2001 binnegeval om die Taliban regime uit te dryf, aangesien hulle aan Al-Kaïda lede skuiling gebied het.
Die Taliban is vinnig verjaag, maar militantegroepe het hulself hergroepeer en die stryd voortgesit.
Volgens organiseerders van die wedren is dit 'n simboliese gebuertenis.
“Amerikaanse soldate hardloop in die Taliban se agterplaas, waar die aanvalle op Amerika beplan is,” lui ‘n militêre verklaring.
Soldate het gesê hulle missie is baie anders as in 2001.
Destyds was hulle daarop ingestel om Al-Kaïda leier, Osama bin Laden, te vang.
“Deesdae is ons doel om die Afganistanse regering te herstel en die mense se vryheid te bewerkstellig,” het kaptein Jeremy McHugh gesê.
Volgens hom beveg die soldate steeds terrorisme, net meer indirek.
- Sapa AP