Trein dood bruidegom op troudag
2012-02-04 14:44
Hanoi – 'n Bruidegom, sy ma en sy neef is onderweg na 'n troupartytjie dood nadat hulle deur 'n trein in noordelike Viëtnam getref is, het die plaaslike media berig.
Die ongeluk het in die Ha Nam-provinsie plaasgevind toe 'n minibus, wat 'n groep mense vervoer het, stilgehou het vir passasiers om die toilet aan die ander kant van die spoorlyn te gebruik.
Die drie slagoffers was op pad terug na die minibus en het die treinspoor oorgesteek by 'n gedeelte waar hulle nie die aankomende trein kon sien nie.
Die bruid het veilig na die minibus teruggekeer.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA