Tot siens, Silvio, juig duisende Italianers

2011-11-14 06:52
Tweets Share Share line Print

Johannesburg - Mario Monti (68), voormalige kommissaris van die Europese Unie (EU), sal na verwagting aangestel word as waarnemende premier van Italië nadat Silvio Berlusconi (75) Saterdag te midde van luide toejuiging amptelik as Italiaanse premier bedank het.

Pres. Georgio Napolitano het Sondag begin om ’n nuwe regering saam te stel wat Berlusconi sal opvolg en alles in die stryd sal moet werp om die land van bank­rotskap te red. Hy het ook begin om gesprekke te voer met Italië se grootste politieke partye om steun te werf vir die nuwe regering. Berlusconi het Dinsdag tydens ’n stemming in die Italiaanse parlement sy meerderheid verloor en onderneem om te bedank sodra ’n nuwe begrotingswetsontwerp deur die parlement goedgekeur is.

AFP berig duisende mense het Saterdag in Rome se strate gedans, landsvlae rondgewaai en plakkate met die woorde “Tot siens, Silvio” opgehou nadat nuus oor Berlusconi se bedanking begin versprei het. Die premier se bedanking bring ’n einde aan ’n 17 jaar lange politieke era en sal die wiele aan die rol sit vir ’n oorgangsfase en die hoop dat dit die land uit sy ekonomiese krisis sal lig.

The Guardian
het Berlusconi se loopbaan Sondag as kleurvol, gebeurtenisvol, onwaarskynlik en vernietigend beskryf. “Geen Italianer het sedert Mussolini so ’n blywende indruk op die land gemaak nie. En niemand het so baie gedoen om sy land se vooruitsigte en posisie in die res van die wêreld soveel skade aan te doen nie.

”Ná weke van onsekerheid en toenemende waarskuwings van internasionale bondgenote dat dringende ingrype nodig is om die Italiaanse skuldkrisis te bestuur, het die land se skuldvlakke verlede week ’n hoogtepunt bereik met vrese dat dit die totale kontinent se ekonomie kan kelder. Berlusconi is daarvan beskuldig dat hy nie genoeg hervormings ingestel het om Italië se staat­­skuldlas te verminder nie. Die nuwe regering sal die moeilike taak hê om die land uit sy skuldkrisis te lei, berig Reuters

Pres. Barack Obama van die VSA het die naweek gesê nog baie sal gedoen moet word om beleggersvertroue in Europa te herstel en markte te oortuig dat Italië sy skuldlas sal kan finansier.“Ek dink nie ons sal reusegroei uit Europa sien totdat die probleem opgelos is nie en dit sal ’n dempende effek hê op die wêreldekonomie.”Teen druktyd het beleggers gehoop dat die nuwe regering in plek sal wees wanneer markte vanoggend heropen. 

– Volg Nuus24 op Twitter

- Reuters

Lees meer oor: silvio berlusconi  |  politiek

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Gramsci sê... Die Knechtschaft dauert nur noch kurze Zeit! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Mostly sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 12-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 77,995.00

OPEL

Corsa 1.8 Sport Utility
2007
R 120,000.00

AUDI

A4 Avant 1.9TDi Dsl 6-sp
2004
R 159,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.