Tot 5 000 van Britse weermag sal moet loop

2011-06-22 09:00
Tweets Share Share line Print

Utrecht - Die jongste reeks drastiese besnoeiings van Britse militêre uitgawes het betrekkinge tussen die regering en die weermag blykbaar nogal skade berokken.

Gister het die eerste minister, mnr. David Cameron, duidelik geïrriteerd oor ’n vraag op ’n nuuskonferensie gesê: “Daar is oomblikke dat ek wakker word en dink: ‘Weet jy wat, doen jý die bakleiwerk, dan sal ék die praatwerk doen.’”

Dit was in reaksie op uitlatings van weermaghoofde dat soldate weens die besnoeiings noustrop trek in plekke soos Libië en Afganistan.

Die lugmag se tweede in bevel, hoof-lugmaarskalk sir Simon Bryant, het in ’n vertroulike voorlegging aan die parlementêre staande komitee oor verdediging gesê die lugmag se mense is “oorwerk” en hul veglus word daardeur bedreig. Hy het bygevoeg die moreel is “broos”. Die mense voel ook die besnoeiings wys die regering waardeer nie regtig hul moeite nie.

Sy voorlegging het gister uitgelek en is op die voorblad van die Daily Telegraph gepubliseer. Die gevolg is dat die lugmag sukkel om mense te werf. By sommige afdelings is tot ’n kwart van alle poste vakant. As die Libiese operasie langer as aanstaande September duur, sal die lugmag se vermoë om onverwagse gebeure die hoof te bied “weggekalwe” word, het Bryant gesê.

Kragtens die besnoeiings moet 5 000 lede van die lugmag – 15% van die totaal – oor die volgende drie jaar afgedank word.

Bryant se reguit taal volg op soortgelyke uitlatings van adm. sir Mark Stanhope, hoof van die vloot. Stanhope het gesê as Argentinië die Falkland-eiland nou met geweld sou terugvat, sou Brittanje weens die besnoeiings “presies niks” daaraan kon doen nie.

Cameron het op sy nuuskonferensie gesê die tyd in Libië is aan Brittanje se kant en die land sal met die militêre veldtog voortgaan.

– Volg Nuus24 op Twitter.

- Die Burger

Lees meer oor: brittanje  |  engeland  |  weermag

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Gramsci sê... Die Knechtschaft dauert nur noch kurze Zeit! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Mostly sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 12-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 77,995.00

OPEL

Corsa 1.8 Sport Utility
2007
R 120,000.00

AUDI

A4 Avant 1.9TDi Dsl 6-sp
2004
R 159,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.