Tot 200 000 sterftes word gevrees
2010-01-17 22:58
Washington – Die internasionale gemeenskap vrees dat die dodetal weens die aardbewing in Haïti tot 200 000 kan groei, het ’n Amerikaanse luitenant-generaal, wat na die verpletterde land gestuur is om te help, Sondag gesê.
Hy het egter bygevoeg dat niemand seker kan wees nie.
“Ons gaan ons vir die ergste moet voorberei,” het luitenant-generaal Ken Keen, die adjunk-bevelvoerder van die VSA se militêre mag in die suide aan ABC News gesê.
Hy het gewaarsku dat dit op die stadium “nog te vroeg is om die presiese sterftesyfer te skat”.
Die mees onlangse dodetal wat deur die Haïtiaanse regering en wêreldorganisasies bekend gemaak is, is na raming tussen 50 000 en 100 000.
-Sapa-AFP