Tornado-waarskuwing in Los Angeles
2010-01-19 23:40
Los Angeles - ‘n Tornado-waarskuwing is in Los Angeles uitgereik nadat ‘n sterk storm die suide van Kalifornië getref het.
Elektrisiteit in die area het ook uitgesny as gevolg van die weer.
Ryan Kittell, meteoroloog van die Nasionale Weerdienste, het gesê hulle het ‘n tornado-waarskuwing uitgereik as gevolg van winde van tot 60 myl per uur wat deur die storm veroorsaak word.
“Ons het geen fisiese bewyse van ‘n tornado nie, maar volgens die radar spin die storm uiters vinnig.
“Daar is dus ‘n baie goei kans dat ‘n tornado op die oppervlakte kan ontstaan,” het sy gesê.
- Sapa