Top-politikus Sargent Shriver sterf
2011-01-19 12:50
Washington – Sargent Shriver, ‘n oud-demokratiese adjunk-presidensiële kandidaat en swaer van die voormalige Amerikaanse president John F Kennedy, is Dinsdag in die ouderdom van 95 oorlede.
Sy familie het in ‘n verklaring gesê dat Shriver, wat Sarge genoem is, is deur sy vyf kinders en 19 kleinkinders bygestaan toe hy in ‘n hospitaal in Washington dood is.
Shriver, wat aan Alzheimersiekte gely het, was die eerste direkteur van die Amerikaanse vrywilligheidsprogram Peace Corps wat tydens die Kennedy-administrasie geskep is.
Hy het ook sy vrou, Eunice Kennedy, wat in Augustus 2009 oorlede is, gehelp om die Spesiale Olimpiese Spele vir verstandelik gestremde kinders en volwassenes in 1968 te skep.
Shriver se dogter, Maria Shriver, is met Arnold Schwarzenegger, die voormalige Republikeinse goewerneur van Kalifornië, getroud.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Reuters