Top-beamptes in Irak afgemaai
2011-04-28 22:00
Bagdad - ‘n Motorbom het Dinsdag vyf mense, insluitende ‘n senior polisiebeampte, in die noorde van Irak dood gelaat, terwyl ‘n generaal in Bagdad doodgeskiet is.
Dit is die jongste in ‘n golf sluipmoorde op top-beamptes waardeur die land geteister word.
In die olieryke provinsie Kirkuk het ‘n voertuig, wat vol plofstof gepak was, ongeveer 14:30 (plaaslike tyd) in die dorp Sharhia ontplof toe ‘n polisiekonvooi verbygery het.
Kol. Mohammed Mohsen, drie ander polisiebeamptes en ‘n ongeïdentifiseerde slagoffer is in die ontploffing dood, volgens ‘n polisiekolonel wat anoniem wil bly.
Brig. Genl. Mohammed Alaa Jassim is ook Donderdag doodgeskiet terwyl hy in sy motor op ‘n besige pad in die Ghazaliyah-buurt, wes van Irak, was.
Die sluipmoord op Jassim was die vierde op 'n senior Irakkese beampte in die afgelope week. Minstens drie ander het noue ontkomings beleef.
- Volg Nuus24 op Twitter
- Sapa - AFP