Toordokter wou glo tweejarige offer
2010-11-24 21:00
Raipur – ‘n Toordokter in Indië en lede van sy gesin is in hegtenis geneem nadat hul glo ‘n tweejarige seuntjie in 'n armsalige nedersetting vermoor het as ‘n offerande.
Die ouers van die slagoffer het die polisie Dinsdag ontbied nadat die kind in die Durg-distrik vermis geraak het.
“Die toordokter, sy vrou en drie kinders is in hegtenis geneem nadat die bebloede lyk van die jong slagoffer gevind is. Die moordwapen is ook op die toneel gevind,” het Amit Kumar, polisiehoof, gesê.
Die verdagte het glo aan die polisie gesê dat die bloedspatsels by sy huis die van ‘n bok was wat hy vroeër geslag het. Die polisie het die huis egter deursoek en op die kind se lyk afgekom.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AFP