Tonnel tussen Mexiko en Amerika ontdek
2011-11-17 21:07
Kaapstad – Die polisie het ‘n tonnel wat gebruik word om
dwelms tussen Mexiko en Amerika te smokkel, ontdek, berig SkyNews.
Meer as 17 ton
marijuana is gekonfiskeer.
Die tonnel, wat 370 m lank is, verbind ‘n
pakhuis in ‘n industriële gebied in die suide van San Diego met die stad
Tijuana in Mexiko.
Amerikaanse polisiebeamptes het die tonnel
ontdek nadat hulle ‘n vragmotor by die pakhuis naby die Otay Mesa-grenspos sien
uitry het.
Die gebou is deursoek en die ingang na die
tonnel is ontdek.
Die tonnel, sowat 0.9m breed en 1.2m hoog, was
uitgerus met elektrisiteit en ventilasie.
Polisiebeamptes het drie ton marijuana op die
vragmotor gevind.
Daar was sowat 6.5 ton marijuana in die
pakhuis en polisiebeamptes het ‘n verdere agt ton marijuana aan die anderkant
van die tonnel gevind.
Die meeste dwelmmiddels word vanaf Tijuana in Amerika ingesmokkel.
Kliek hier vir die volledige storie.
Volg Nuus24 op Twitter.