Tonne vullis hoop op in Athene
2011-10-13 23:03
Athene – Amptenare in Griekeland het gewaarsku dat die
nuwe rondte stakings verskeie gesondheidsprobleme tot gevolg kan hê, berig Sky News.
Vullisverwyderaars in dié land staak tans en
vullisdromme is twee weke gelede laas leeggemaak.
Dit lyk ook nie asof dié werkers van plan is
om op te hou staak nie.
Meer as nege ton vullis lê tans die strate
van Athene.
Intussen het openbare vervoer vir ‘n tweede
keer die week tot stilstand gekom en was daar geen bus-, trein- of metro-dienste beskikbaar nie.
Taxibestuurders het aangedui dat hulle moontlik ook teen die einde van die week gaan staak.
Kliek hier vir die volledige storie.
Volg Nuus24 op Twitter.