Toneel van vliegongeluk gefynkam

2010-05-24 06:50
Tweets Share Share line Print

Mangalore – Ondersoekers het gister nog die ongelukstoneel gefynkam waar ’n passasierstraler van Air India Express eergisteroggend van ’n aanloopbaan naby Mangalore geloop en in ’n kloof beland het.

Dit is die tweede ernstige passasierstraler-ongeluk binne tien dae.

Altesame 158 van die 166 mense aan boord van vlug IX-812 is dood. Dié sterftesyfer is hoër as die 103 mense wat dood is toe ’n Airbus A330-200 wat in Johannesburg opgestyg het op 12 Mei naby die Libiese hoofstad, Tripoli, neergestort het.

Luidens ’n verklaring van Air India is 87 van die lyke reeds aan familielede besorg.

Die Boeing 737-800, wat van Doebai na Mangalore in Indië onderweg was, het ná die landing nie betyds tot stilstand gekom nie, in ’n beboste kloof ingeploeg en aan die brand geslaan.

Van die agt oorlewendes het vertel hoe hulle ontsnap het terwyl die romp in stukke begin breek en in ’n dik rookwolk gevul is.

Talle plaaslike inwoners het hulle net ná die ongeluk, omstreeks 09:30 Suid-Afrikaanse tyd (06:00 in Indië), na die toneel gehaas om slagoffers te probeer red. Mohammed Azim het aan ’n CNN-nuuskanaal gesê: “Lyke was op mekaar gestapel.”

Beamptes het gesê die landingstoestande was taamlik goed met goeie sigbaarheid en daar was geen noodroep van die stuurkajuit nie.

Dit is die ongeluk in Indië met die hoogste dodetal sedert 1996 toe altesame 349 passasiers dood is toe twee passasierstralers naby New Delhi gebots het.

Volgens Aviation Safety Network (ASN), wat vliegongelukke wêreldwyd monitor, het die vliegtuig in Desember 2007 sy eerste vlug onderneem.

Volgens The Times of India is die vlugdata-opnemer (black box) gister opgespoor.

Dit is die tweede ernstige ongeluk met ’n Boeing 737-800 in minder as vier maande. Só ’n straler van Ethiopian Airlines het op 25 Januarie kort ná sy opstyging in Beiroet, Libanon, in die Middelandse See neergestort in wat ooggetuies as ’n vuurbal beskryf het.

Boeing het in ’n verklaring gesê hy gaan ’n tegniese span Indië toe stuur om met die ondersoek te help.

- Volksblad

Lees meer oor: vliegramp

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Gramsci sê... Die Knechtschaft dauert nur noch kurze Zeit! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Mostly sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 12-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 77,995.00

OPEL

Corsa 1.8 Sport Utility
2007
R 120,000.00

AUDI

A4 Avant 1.9TDi Dsl 6-sp
2004
R 159,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.