Tokio-geboue skud wéér
2011-09-15 15:04
Tokio – ‘n Aardbewing wat 6.2 gemeet het, het die noordoostelike deel van Japan getref en geboue in die hoofstad geskud.
Die aardbewing het Donderdagoggend om 10:00 (SA tyd) in die Stille Oseaan naby die Ibaraki-distrik plaasgevind.
Volgens die Japanse meteorologiese agentskap het die aardbewing sowat 10 km onder die seebodem ontstaan.
Geen tsoenami-waarskuwing is uitgereik nie.
Volgens Tepco, operateur van die Fukushima-kernaanleg, het die kernaanleg geen skade opgedoen nie.
Dié aanleg het ernstige skade gely ná die massiewe aardbewing en tsoenami wat op 11 Maart verwoesting in Japan gesaai het.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AFP