Toerleier se lyk in kanaal gevind
2011-10-05 23:15
Rome – Die lyk van ‘n Amerikaanse toerleier wat op ‘n
drie dae lange besoek aan Toskane was, is langs ‘n besige snelweg gevind, het die
Italiaanse polisie gesê.
Polisiebeampte Antonio Frassinetto het gesê
dat Allison Owens (23) van Columbus, Ohio, se lyk in ‘n kanaal langs ‘n besige
snelweg in San Giovanni, Valdarne, gevind is.
‘n Nadoodse ondersoek sal bepaal waaraan sy
dood is, maar ondersoekbeamptes vermoed dat sy besig was om te draf toe ‘n motor haar
getref het.
Owens het moontlik nie die motor hoor aankom
nie omdat sy na musiek op haar i-Pod geluister het.
Owens, ‘n toerleier, is Sondagmiddag laas
lewend gesien.
Volg Nuus24 op Twitter.
- AP