Toeriste sterf in Indonesië-busongeluk
2011-10-08 13:00
Djakarta – Drie Nederlanders en een persoon van Indonesië is dood en talle ander is beseer toe ‘n bus in ‘n krans vas gebots het op Java-eiland in Indonesië, het die polisie Saterdag gesê.
“Die bus se remme het ingegee terwyl dit teen ‘n steil afdraende afgery het en gevolglik het dit reguit in ‘n krans naby ‘n plaas vasgery,” het Aiptu Nasib, hoof van die plaaslike polisie, aan AFP gesê.
“Meeste van die 12 passasiers wat beseer is, is ook van Nederland afkomstig. Die bus was vol Nederlandse toeriste en een Belg.”
Die bus is gemaak om 10 mense te vervoer, maar daar was Vrydag 17 mense op die bus ten tyde van die ongeluk to dit van Bandung na Ciater onderweg was.
“Al die beseerdes is na die Santosa-hospitaal in Bandung geneem. Die lyke van die oorledenes is na ‘n ander hospitaal in Bandung geneem en amptenare sal reëlings tref vir hul oorskot,” het Nasib gesê.
– Volg Nuus24 op Twitter
- Sapa - AFP