Toeris sterf in Napels-hospitaal
2011-05-27 19:01
Napels – ‘n Hospitaal in Napels het bevestig dat ‘n
Puerto Ricaanse toeris wat ernstige kopbeserings opgedoen is toe hy op straat beroof is, gesterf het.
Die rowers, wat op ‘n poegie was, het in die
verbyry die toeris se Rolex probeer gryp.
Hy het hulle egter teegestaan en het in die
proses hard geval.
Die voorval het die 18de Mei, kort na hy in op
‘n plesierboot in Napels aangeland het, plaasgevind.
Dr. Maurizo Postiglioni, hoof van die intensiewe
eenheid by die Loreto Mare-hospitaal, het gesê dat Mendoza glad nie sy bewussyn
herwin het nie.
Hy het ernstige kopbeserings opgedoen en het
ook breinchirurgie ondergaan.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AP