Toeris in Jerusalem vermoor
2010-12-19 18:50
Jerusalem – Die liggaam van ‘n vroulike toeris is Saterdag net buite Jerusalem gevind het die Israelse polisie gesê.
Die vrou, bekend as Christine Logan, het verskeie steekwonde aan haar liggaam gehad.
Haar vriendin, bekend as Kaye Wilson, is ook met verskeie steekwonde gevind met haar hande wat agter haar rug vasgemaak was.
Wilson het aan die polisie vertel dat hulle in ‘n nabye woud aangeval was terwyl hulle berg geklim het.
Micky Rosenfield, ‘n polisiewoordvoerder het gesê hy kan nie enige besonderhede oor die vrou of haar vriending bevestig nie.
- Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AP